Mampoer Fees

The Mampoer Fees (Festival) is an Annual Cultural Festival. The whole family is invited to spend the day and night making new friends and enjoying the festivities.

Mampoerfees Gilde 4

Learn more about Distilling

As a distiller, you need to have a thirst for knowledge and really know all the steps of the process through and through. It's not enough to just follow a recipe, even if that recipe has worked for hundreds of years. You need to know why it works, what it does, and wherein the process flavors are created, harvested, and changed. Also, you need to have a great palate and a good nose. Visit the Distiller Tent to learn more.

mampoer fees- 6 Julie 2024

voortrekker monument

Die 2024 Mampoerfees by die Voortrekker Monument in Pretoria is ‘n kultuur en familie fees wat niemand mag misloop nie. Die dag is vol aktiwiteite. Van veteraan motors en trekkers, by die 100 stalletjies wat meestal handgemaakte en oorspronklike items verkoop, tot die proe van tradisionele mampoer en witblits, vars gebroude bier, lekker musiek, jukskei, boeresport en nog vele meer.

Voortrekker Monument Kultuur 2

Bring die kinders om die Voortrekker Monument se plaaswerf en diere te geniet. Die SA Diere Kanker Vereniging sal die kinders en volwassenes leer hoe om kanker betyds in hul geliefde troeteldiere op te spoor. Daar is boeresport, sak spring, eier gooi en baie ander dinge om die kinders pal besig te hou.

SA Jukskei hou ‘n Familie Dag langs die Monument se jukskei bane. Dis juis hier by die Monument waar SA Jukskei in die 1940’s hul raads vergaderings gehou het. Besoekers sal meer oor die jukskei sport kan leer. Probeer so 3 gooie na die pen en wen allerhande pryse, vakansies en meer.

Die Voortrekker Monument beskik oor verskeie areas wat deur die jaar benut kan word. Behalwe vir die Monument self is daar 'n groot plaaswerf, jukskei bane, perdry, peikniek en braai areas, 'n Voortrekker kamp met ossewaens en nog baie meer.

meer info
Kultuur Stokers Gilde 2
Kultuur Stokers Gilde - koffie-likeur.fw_
Kultuur Stokers Gilde 1
Kultuur Stokers Gilde - room-likeur.fw_
Mampoerfees Gilde 1
kom proe verskeie
mampoer brousels
en likeurs

Mampoer staan ook bekend as hardehout, tiermelk of vuurwater. Die kenners sê dat mampoer oor mediese en gesondheidsvoordele beskik: suiwer mampoer gemeng met kruie help vir verkoue, griep en koors. As smeermiddel is mampoer goed vir spatare. Meng mampoer met kaneel, neutmuskaat en naeltjies en jy het ’n uitstekende tonikum.

Elke stoker het sy eie spesialiteit likeur en daar word reeds lank met verskillende vrugte en ander geure ge-eksperimenteer. Onder andere anys, pepperment, koffie en sjokolade. Roomlikeure word ook gemaak. Dit neem ongeveer vyf maande om ’n likeur gereed te kry vir beoordeling. Die likeur het normaalweg ’n alkoholinhoud van ongeveer 23%.

Hierdie beoordeelde mampoer, witblits en likeurs sal by die fees per sopie geproe kan word en per bottel verkoop word.

meer info
SA Animal Cancer at Pets Lane
VTM Plaaswerf
Plaaswerf by Monument

SA Diere Kanker Vereniging gaan kinders, gesinne en Families by die plaaswerf bederf. Bring die kinders om meer oor plaas en troeteldiere te leer.

read more
Catering - Tents Stretch - Ladies Chill Area
Chill Tent met Liz Meiring

Lizz Meiring as Ambassadeur van die SA Diere Kanker Vereniging gaan besoekers in die Chill Tent vermaak. 

read more
Animal Support Man Dog
SA Animal Cancer Association

Visit our display to learn more about farm animals, pets and how to love and care for them. Learn about animal cancer.

read more
KULTUUR FEESTE

Kultuur en Tradisies in Suidelike Afrika is lekker! Dink Braai Kultuur. Rugby en Biltong. Pap en Vleis. Pap & Kaings. Koffie Kultuur. Ossewaens. Vetkoek. Koeksisters. Hertzoggies. Stok Brood. Suider Afrikaanse Musiek. Boere se Sports. .... Die Plaas.... Warm mis deur jou tone. Reuk van die Natuur........  Jags en vars wildsvleis op die kole. Visvang.  .........

en dan is daar KULTUUR Stokers - Mampoer, Gin, Brandewyn. Boegoe, Rooibos en Bier .................

Moenie die Lewende Laer Ossewaens misloop nie!

Bespreek 'n oornag in oorspronklike ossewaens. Kuier by die Kamp Vuur. Geniet geregte en koffie wat op die koolstoof voorberei word. En dit nogals reg langs die Monument se Plaaswerf met perde, skape, bokke, varke, hoenders en muishonde. Plus baie bokke en skilpaaie.

JA! KULTUUR BLY LEKKER!!